Ekke

My photo
Pretoria, South Africa

18 Jun 2017

Modder en Vuurwerke / Mud and Fireworks


(Scroll down for English)
___________________________________________________________

Modder en Vuurwerke

Ek het heel goed begin aanpas by lewe in Korea. Ek het nog heel gereeld die ontnugtering gehad dat ek in ’n ander land woon en werk, maar dit was als vir my ’n lekker ervaring. Deur aan te sluit by ’n paar Facebook groepe het ek besef dat daar byna elke naweek iets was om te doen en te sien.

Die naweek het weer aangebreek, en ek het vir my ’n plek bespreek op die stapgroep se bus na Boryeong, Suid Korea. Dit was meer nuuskierigheid, as ’n diep belangstelling wat my laat besluit het om by die toer aan te sluit, ’n geval van ek is mos nou hier, ek kan net sowel… Want wat is ’n Modderfees nou eintlik?

Boryeong is ’n klein landelike dorpie aan die weskus van Korea. Daar was vir een of ander slim geologiese rede ’n baie fyn tipe kleigrond, wat ’n sagte, gladde modder vorm in die reën seisoen. Iemand het bevind dat dit kosmetiese potensiaal het, en ek raai hul moes dit op 
’n kreatiewe manier bemark, dus ’n Modderfees.

Die fees vind plaas op Daecheon strand, waarheen vragte van die modder aangery word. Daar is opslaan swembadjies, opblaas hindernisbane, glybane, ’n modderput en modderfonteine. Dis kompleet soos ’n waterpark, maar gevul met fyn, gladde modder. Jy moes ook ’n toegangskaartjie koop, die bandjie om jou arm dra, en in rye staan vir elke aktiwiteit.

Ek is seker dat daar mense is wat jaar na jaar die geleentheid bywoon, en hier het hulle al ’n tipe van kultuur en tradisie by die fees geskep van opdaag in uitspattige en belaglike kostuums. Selfs een van die ouens wat in my groep was het opgedaag met sy sussie se leotard en pienk tutu. Nog ander het opgedaag met opblaas vlerkies, tjoepies en swemkappies, duikbrille en snorkels.

Modder bly egter net vir so lank amuserend, voordat die lang lyne jou ontmoedig om nog ’n keer te gaan. Maar gelukkig is die see nie vêr nie, en binnekort gaan spoel jy af in die branders en lê jy bietjie op die strand en bak. Ek moet wel bieg, dat my vel na al die modderspelery lekker sag en glad gevoel het, so die modder het dan seker wel kosmetiese eienskappe soos geadverteer.

Teen sononder is al die moddersports verby, maar die fees is nog lank nie oor nie. ’n K-Pop-konsert vind in die oop veld naby die modderputte plaas, en dis ’n groot affêre. Direk na die konsert verby is jaag almal weer vir ’n goeie plek op die strand vir ongelooflike vuurwerke. ’n DJ sorg vir dansmusiek tot die klok 12 uur slaan. 

Kafees, restaurante, en winkeltjies blyk ook 24 uur oop te wees vir die geleentheid, en die strand raak byna glad nie stil voor sonop nie. Daar is ook ’n klein, maar duursame klub om die nuwe dag in te dans. Na ’n hele dag se opgewondenheid, heelwat te drinke, en ’n oorheersende liberale gees, laat mense in die oggend ure maar alle inhibisies agterweë en moet polisielede maar die strand op golfkarretjies patrolleer om nagswemmers en naakbaaiers te konfronteer, vir hul eie veiligheid natuurlik. Dit geskied darem als met ’n goeie en vergewende gesinheid. 

As die son opkom, vind die naguile ’n plekkie reg op die strand om bietjie roes af te slaap. Die 24 uur burger plek swaai die spyskaart om, om hul ontbytopsies beskikbaar te stel, en net dan, vir ’n oomblik was dit heeltemal. Wat ’n vreemde maar interessante ervaring.

_________________________________________________________________________________

Foto's / Photos

Van die mense in my groep / Some of the people in my group
Basiese uitleg / Basic layout
Stoei put / Wrestling pit
Hindernis baan / Gladiator course
Vuurwerke / Fireworks
_________________________________________________________________________________

Mud and Fireworks

I’d started to get accustomed to life in Korea. Every so often there was still the sobering thought that I was in a country other than where I spent my whole life, but what a great experience! By joining a couple of meet-up groups on Facebook I learned that there was something else and new to do and experience nearly every weekend.

The weekend had arrived, and once again I had booked my spot on the hiking group bus to Boryeong, South Korea. It was more curiosity than real interest that made me decide to join that weekend’s tour. It was a case of I’m here, might as well… What is a Mud Festival anyway?

Boryeong is a small country town on Korea’s eastern coast. For some clever geological reason it has a very fine type of clay soil, that becomes smooth, slippery mud in the rainy season. Someone then figured out that it has some cosmetic uses, and I guess needed to advertise it in a creative way, thus the Mud Festival.

The festival takes place on Daecheon beach, and loads of mud is brought from the mud pits to the beach area. Mud is poured into inflatable pools, inflatable gladiator obstacle courses, slides and mud fountains. It’s a whole waterpark filled with smooth, slippery mud. And like a waterpark you buy a ticket, get a wristband, and que for every ride.

I’m sure that there were a lot of people that had attended the festival several times before, and they’ve helped to create a festival culture and some festival traditions, attending in some outrageous costumes for one. Even one of the guys in my group wore his sister’s leotard and pink tutu. Others arrived wearing inflatable arm floats, tube floaties, swimming caps, and even snorkeling gear.

Mud, however, is only amusing for a short while, before long queues deter you from going on another ride. Thankfully the ocean is nearby, and within moments you can wash off the mud in the waves and bake warm in the sun on the beach. I will admit, that my skin did feel smooth and soft after the mud-sports, so I guess they do have the cosmetic properties advertised.

By sunset the mud area closed off for the day, but the festival was far from over. There was a K-Pop concert in an open field behind the mud area, and it was a huge deal. After the concert wrapped up everyone scrambled for a good spot on the beach again for a fabulous firework display. A DJ was also present and ensured that people could party on the beach until a little after midnight.  

Cafes, restaurants and convenient stores also seemed to be open 24 hours during the festival, and the beach didn’t quiet down at all until the sun rose again. There was a small, expensive club not far from the beach for those who wanted to dance through the night. After a full day of excitement, drinking, and the general liberal spirit amongst festival goers, some people started losing their inhibitions a bit, and police members had to patrol the beach on golf carts apprehending night bathers and skinny-dippers; for their own safety of course.

As the sun rose, the diehard party animals and nocturnals found themselves spots right on the beach to sleep off a little rust. The 24 hour burger joint flipped their menus to show their breakfast options, and right then, for a fleeting moment, it was all completely peaceful. What a strange but interesting experience.



No comments:

Post a Comment